Go to the UP home page
English | Afrikaans 
Studie program soek - Voorlopig 2013
 
Let wel: Die inligting, kostes en vereistes van die programme mag veranderings ondergaan, en dien net as 'n riglyn.

BA Tale (English Studies)

Die toenemende belangrikheid van Engels as 'n voorkeurkommunikasiemedium in Suid-Afrika en in die buiteland beteken dat daar 'n deurlopende aanvraag is na taalpraktisyns wat Engels vlot kan praat. Die spesialisering in English Studies is ontwerp om aan hierdie behoefte te voldoen deur studente nie slegs met tradisionele letterkundige vaardigehede toe te rus nie, maar ook met die toegepaste taalkundige vaardighede, wat die mark vereis.

01130009

30 September

Ten einde toelating te verkry tot ‘n fakulteit en ‘n spesifieke program, word toepaslike kombinasies van erkende NSS-vakke asook spesifieke vlakke van prestasie van voornemende studente vereis.

Vasstelling van die Toelatingspunttelling (TPT)
Die berekening is eenvoudig en gebaseer op ’n kandidaat se prestasie in ses van die erkende 20-kredietvakke. Die telling gebruik die NSS-prestasieskaal, wat van 1 tot 7 strek. Hiervolgens is 42 die hoogste TPT wat behaal kan word. Gebruik die tabel hieronder om jou TPT te bepaal of kliek hier om ons web-instrument te gebruik om die berekening te maak.

Lewensoriëntering moet met ’n 4 geslaag word, maar word by die berekening van die TPT uitgesluit vir toelating.

Prestasiekode Prestasievlak Punte %
7 Uitstekende prestasie 80-100%
6 Meriete prestasie 70-79%
5 Beduidende prestasie 60-69%
4 Bevredigende prestasie 50-59%
3 Gemiddelde prestasie 40-49%
2 Elementêre prestasie 30-39%
1 Nie behaal nie 0-29%


Die NSS vereistes vir hierdie program is:
Engels
Huis OF Eerste Addisionele Taal
Ander NSS Taal
Huis OF Eerste Addisionele Taal
Mimimum TPT
6 (70 % - 79 %) 4 (50 % - 59 %) 30

Toelatingsvereistes:
'n Nasionale Senior Sertifikaat en voldoen aan die minimum vereistes vir toelating tot die baccalaureusgraad. 'n TPT van 30, asook Engels (eerste of tweede taal) vlak 6.

Vir inligting rakende moontlike kurrikulum en eksamen/assessering, sien die nuutste jaarboek. Klik Hier.
 
Drie jaar voltydse studie

English/Afrikaans

R21220 - R23342 per jaar

Naam: Client Service Centre / Kliëntedienssentrum
Tel: +27 (0)12 420 3111
E-Pos: csc@up.ac.za

Fakulteit Geesteswetenskappe
Departement Bybel- en Godsdienskunde (Godsdiensstudies)2
Jaarboeke
Algemene Regulasies