BSc Rekenaarwetenskap
|
BSc(Rekenaarwetenskap) is die ideale kursus vir voornemende studente wat belangstel in die manier waarop rekenaars werk, dit geniet om dinge deeglik en stelselmatig te bou, wat logies dink en daarin uitblink omstap vir stap te redeneer, wat daarvan hou om dinge te ontwerp wat ander kan gebruik, wat in staat is om aan detail aandag te gee, goeie styl kan herken en wat kan volhard met ’n taak totdat dit suksesvol afgehandel is.
’n BSc Rekenaarwetenskap-graad van die Universiteit van Pretoria behels ’n omvangryke studie van rekenaarwetenskap. Dit rus studente toe met probleemoplossingsvermoëns en vestig ’n basis vir voortgesette leer in ’n IT-loopbaan en die lewering van programmatuur van ’n hoë gehalte.
|
| Kode |
12134000
|
| Sluitingsdatum vir aansoeke (onderhewig aan verandering en kan by fakulteit bevestig word) |
30 September
|
| Toelatingsvereistes vir UP |
Ten einde toelating te verkry tot ‘n fakulteit en ‘n spesifieke program, word toepaslike kombinasies van erkende NSS-vakke asook spesifieke vlakke van prestasie van voornemende studente vereis.
Vasstelling van die Toelatingspunttelling (TPT)
Die berekening is eenvoudig en gebaseer op ’n kandidaat se prestasie in ses van die erkende 20-kredietvakke. Die telling gebruik die NSS-prestasieskaal, wat van 1 tot 7 strek. Hiervolgens is 42 die hoogste TPT wat behaal kan word. Gebruik die tabel hieronder om jou TPT te bepaal of kliek hier om ons web-instrument te gebruik om die berekening te maak.
Lewensoriëntering moet met ’n 4 geslaag word, maar word by die berekening van die TPT uitgesluit vir toelating.
| Prestasiekode |
Prestasievlak |
Punte % |
| 7 |
Uitstekende prestasie |
80-100% |
| 6 |
Meriete prestasie |
70-79% |
| 5 |
Beduidende prestasie |
60-69% |
| 4 |
Bevredigende prestasie |
50-59% |
| 3 |
Gemiddelde prestasie |
40-49% |
| 2 |
Elementêre prestasie |
30-39% |
| 1 |
Nie behaal nie |
0-29% |
Die NSS vereistes vir hierdie program is:
Engels of Afrikaans Huis OF Eerste Addisionele Taal |
Wiskunde |
Mimimum TPT |
| 5 (60 % - 69 %) |
5 (60 % - 69 %) |
30 |
|
| Meer inligting rakende die program |
Wat behels die rigting?
'n BSc(Rekenaarwetenskap)-graad kan in 'n minimum tydperk van drie jaar voltooi word. Die kurrikulum voldoen aan die hoogste internasionale standaarde en bied 'n grondslag in al die belangrike velde in rekenaarwetenskap. Studente sal 'n groot verskeidenheid rekenaarwetenskapkursusse bestudeer, waarin die klem val op die mees moderne maniere vir die ontwikkeling van programmatuur wat in die IT-bedryf gebruik word. Daarbenewens sluit hierdie graad 'n hele aantal kursusse in wiskunde en fisiese wetenskappe in. Hierdie kursusse versterk die soort denke wat ingespan word wanneer 'n mens rekenaarprogramme ontwikkel, en verbeter probleemoplossingsvaardighede. Dit bied ook 'n basis vir navorsing in rekenaarwetenskap, wat dikwels op 'n bepaalde vlak van wiskundige vaardigheid en rypheid staatmaak.
|
| Vir inligting rakende moontlike kurrikulum en eksamen/assessering, sien die nuutste jaarboek. Klik Hier. |
| |
| Duur van studie |
3 jaar
|
| Medium van aanbieding (taal) |
English/Afrikaans
|
| Studiefooi prysklas |
R38710 - R42581 per jaar
|
| Navrae oor die program |
Naam: Client Service Centre / Kliëntedienssentrum
Tel: +27 (0)12 420 3111
E-Pos: csc@up.ac.za
|
| Ekstra skakels |
Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing & IT
Inligtingtegnologie
Departement Rekenaarwetenskap
Jaarboeke
Algemene Regulasies
|